1. Home /
  2. Health Food Shop /
  3. Annerien Vermeulen Kook


Category

General Information

Locality: Kelowna, British Columbia

Phone: +1 236-795-3519



Address: 8-170 Celano Crescent, 8 Drysdale row V1V 0B6 Kelowna, BC, Canada

Website: www.tidbitsandgoodies.co.za/

Likes: 310

Reviews

Add review



Facebook Blog

Annerien Vermeulen Kook 04.10.2021

If you want to order- I have rusks available - Buttermilk $13/kg Health $15/kg Sugar and glutenfree $25/kg Keto rusks with chocolate $30/kg... Shortbread biscuits $5/10 Fudge $10/12 You can also contact me when you need to order Peppermint crisp tart Milktart Custard slices Creamy apple pie Cremora tart Pavlova See more

Annerien Vermeulen Kook 18.09.2021

My broer en sy gesin het onlangs na Nanaimo in BC getrek. Hierdie blokkies is 'n baie gewilde blokkie daar. Gelukkig kry mens al die bestanddele in Kanada en in Suid-Afrika. Lekker bak!! Nanaimo blokkies... Maak 25 blokkies Onderste laag: 100 g botter, by kamertemperatuur 50 g suiker 30 g kakao poeier 1 groot eier, geklits 5 ml vanielje geursel 200 g marie koekies, fyngekrummel 60 g klapper 60 g pekaneute, fyngekap Middel laag: 60 g botter 15 ml room/melk 30 ml vlapoeier 2,5 ml vanielje geursel 500 ml versiersuiker Boonste laag: 100 g donker sjokolade 15 ml botter Metode: 1. Voer ‘n 23cm x 23 cm bakplaat uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kosspuit. 2. Smelt die botter en voeg die suiker en kakao poeier by. Meng goed. 3. Klits geleidelik die geklitste eier by. Klits totdat die mengsel begin verdik. 4. Verwyder van die hitte, en roer die vanielje geursel, koekies, klapper en pekanneute by. 5. Versprei die mengsel aan die onderkant van die voorbereide bakplaat. 6. Bedek met kleefplastiek en plaas in yskas vir ten minste 1 uur. 7. Middel laag: Klits die botter tot glad. Voeg melk, vlapoeier, geursel en versiersuiker by. Voeg nog melk by as die mengsel te dik is. 8. Smeer bo-oor die onderste laag. Bedek met kleefplastiek en laat weer in yskas hard word (1/2 uur tot 1 uur) 9. Boonste laag: Smelt die sjokolade saam met die botter. 10. Smeer oor die middelste laag en plaas in yskas tot net gestol. 11. Gebruik ‘n warm, skerp mes, en sny in blokkies. 12. Hou in yskas.

Annerien Vermeulen Kook 09.09.2021

Pricelist for all my fellow Canadians... Buttermilk rusks $13/kg Health rusks $15/kg Sugar and gluten free rusks $25/kg... For this week I will be making: Melktert $12 Peppermint crisp tart $18 Bobotie $16/kg Please contact me on 2367953519 or [email protected] to place your order. Orders should please be in before Tuesday morning, and will be ready Thursday afternoon.

Annerien Vermeulen Kook 05.09.2021

Hi all. I have been very quiet these past few months. Truth be told, it was a very busy few months, most importantly the fact that we immigrated to Canada, and have now been living here for 6 months. I have been baking and preparing cooked dishes for my fellow South Africans also living here in Kelowna. I would like to expand to the rest of Canada at a later stage, but for now I am just trying to make my mark here. Included is a recipe for my favorite fudge - hope you e...njoy!! The best fudge ever Makes 30 squares 1 kg sugar 125 g butter 250 ml milk 25 ml golden syrup 2 ml salt 1 can condensed milk 5 ml vanilla essence 1. Spray a baking tray with cooking spray. 2. Put the sugar, butter, milk, syrup and salt in a heavy bottom pot. 3. Heat the mixture over a low heat until the sugar is dissolved do not boil the mixture. Use a brush dipped in water to brush the sides of the pot to help prevent crystallization. 4. Bring mixture to boiling point and boil slowly for 5 minutes. 5. Add the condensed milk and stir until the mixture starts to boil again. Leave the mixture to slowly simmer for 20 30 minutes, until the mixture has a caramel-brown colour. If you have a sugar thermometer, you should boil it until 118C. 6. Remove the pot from the heat and leave to cool for 7 minutes. 7. Add the essence and beat quickly until the mixture starts to thicken. 8. Transfer the mixture immediately to the prepared baking tray. 9. Leave to cool. 10. Cut the fudge in squares as soon as it starts to set. 11. Store in an airtight container.

Annerien Vermeulen Kook 25.08.2021

Klapperblokkies/bounty bars- sonder suiker...

Annerien Vermeulen Kook 20.08.2021

Hierdie is 'n heerlike klapperblokkie wat proe soos bounty bars. Jy kan hulle so groot of klein maak as jy wil en jy kan die resep ook helfte minder maak. Ek sal netnou 'n fototjie opsit. Hierdie is regtig een van daai go-to resepte as jy lus is vir iets soets, maar gesonds. Geniet dit!! Klapperblokkies (bounty bars) 165 ml klapperroom... 180 ml klapperolie 165 ml xylitol 10 ml vanielje geursel Knypie sout 5 koppies klapper Bolaag: 250 g donker sjokolade, gekap (70%) 60 ml klapperolie, gesmelt 1. Plaas die klapperroom, klapperolie en xylitol in ‘n mikrogolfvaste bak en mikrogolf dit vir 2 minute, of totdat die xylitol opgelos is. 2. Verkoel vir 5 minute en voeg die geursel en sout by. 3. Voeg die klapper by en meng deeglik. 4. Plaas in ‘n bakplaat wat met kleefplastiek uitgevoer is. Druk die mengsel styf vas met die agterkant van ‘n eetlepel of van ‘n glas. Die klapper moet goed gekompakteer wees. 5. Plaas in vrieskas vir 1 uur. Sny in blokkies en plaas dan verder in yskas vir ‘n verdere uur. 6. Plaas die sjokolade en klapperolie in ‘n mikrogolfvaste bak en mikrogolf teen 60% krag tot gesmelt. Dit behoort ongeveer 3 minute te vat roer na elke minuuut. 7. Haal die blokkies uit die vrieskas en haal met ‘n slaplemmes uit die bakplaat. 8. Plaas ‘n tandestokkie in ‘n blokkie en dompel dit dan in die sjokolade mengsel. Plaas op ‘n teflonvel of op ‘n vel waspapier. Herhaal met die res van die blokkies. Plaas in yskas tot heeltemal gestol, As gestol is, haal af van die vel en pak in ‘n houer. Hou die blokkies in die yskas.

Annerien Vermeulen Kook 17.08.2021

As dit by jou huis gaan soos by myne, soek jou kinders (en man) ook heeltyd iets soets om te eet. Hierdie is die ideale blokkie vir hulle om sommer self te maak.... Malvalekker Nougat 250 g Malvalekkers ... 45 ml botter 4 k Rice Krispies 125ml Fyn klapper knypie Sout 125 ml Neute, effens gekap (enige neute kan gebruik word) 125 g Melksjokolade, gekap 1. Smelt botter en malvalekkers in dubbelkastrol (of in die mikrogolf teen 60% krag) 2. Verwyder van hitte en voeg ander bestanddele, behalwe sjokolade by . 3. Meng liggies en gooi in gesmeerde bak. 4. Smelt sjokolade oor dubbelkastrol of in die mikrogolf en gooi oor die mengsel in die bak. Smeer sjokolade glad. 5. Sodra mengsel gestol is sny in blokkies en geniet.

Annerien Vermeulen Kook 30.07.2021

Ek het vroeër in die week 'n paar resepte gedeel vir granola/muesli - hier is 'n lekker resep sonder enige koring of suiker. Enige kombinasie sade en neute kan gebruik word. Hierdie is dekadent verby - dit is vir my die lekkerste om net 'n handvol te vat as 'n 'snack' tusssen etes... Maar ook baie heerlik met gewone jogurt of melk. Lae koolhidraat sjokolade granola... 4 x 250 ml mengsel van sonneblomsade, pampoenpitte, lynsaad en sesame saad (kan ook Miracles plus-plus gebruik verkrygbaar by gesondheidswinkels) 250 ml kasjoeneute 375 ml amandels (heel of gekap) 250 ml pekanneute 3 x 250 ml klapper 250 ml klapper vlokkies (vervang andersins met nog neute na keuse) 60 ml chia sade (opsioneel) 5 ml sout 12,5 ml gemaalde kaneel 125 ml xylitol of Erythritol* 125 ml kakao poeier 125 ml klapper olie 60 ml xylitol stroop (esdoringstroop of heuning kan ook gebruik word) 200 g 70 85 % donker sjokolade, gekap 1. Voorverhit die oond tot 180C. 2. Meng al die droë bestanddele, behalwe die kakao poeier en sjokolade saam. 3. Smelt die klapperolie, en meng met die kakao poeier en xylitol stroop. 4. Gooi die klapperolie mengsel bo-oor die droë bestanddele en meng goed. 5. Versprei die mengsel tussen 3 bakplate, en sprei dit goed uit. 6. Bak die mengsel vir 15 minute. Roer dit, en bak dan ‘n verdere 10 15 minute. Wees baie versigtig dat die mengsel nie brand nie as jy brand ruik, haal dit onmiddelik uit. 7. Gooi die gekapte sjokolade oor die mengsel sodra dit uit die oond kom. Meng deur. 8. Laat die mengsel heeltemal afkoel, en breuk dan op in stukke, waar nodig. 9. Bêre in ‘n lugdigte houer in die yskas.

Annerien Vermeulen Kook 19.07.2021

Hier is sommer 'n paar oulike 'geskenk' idees..... Brownie mengsel 560 ml suiker... 190 ml kakao 180 ml gekapte pekanneute 310 ml meel, gemeng met 5 ml sout 1. Plaas bestanddele in die volgorde van bestanddele in bottel. Druk goed vas. Heg die volgende resep vas aan die bottel: 1x brownie mengsel 190 ml botter 4 eiers, geklits Voorverhit die oond tot 180 C. Smeer ‘n vierkantige brownie pan met botter en sif meel oor. Skud oortollige meel af. Smelt die botter en laat effens afkoel. Voeg die inhoud van die bottel in ‘n mengbak. Voeg die botter en eiers by. Meng met ‘n houtlepel tot gemeng. Gooi in voorbereide pan en bak vir 30 minute. Lewer ongeveer 24 blokkies. Mieliegraanvlokkie koekiemengsel 315 ml suiker 625 ml klapper 375 ml mieliegraanvlokkies 1,5 ml sout Plaas lae in bottel. Druk elke laag goed vas voor die volgende laag bygevoeg word. Heg die volgende resep vas aan die bottel: Klits 3 eierwitte tot stywepunt stadium. Voeg 2,5 ml vanielje geursel by. Gooi die inhoud van die bottel by en meng tot gekombineer. Skep lepelsvol van die mengsel op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak by 160 C vir 15 minute. Koel vir 10 minute af op bakplaat voor dit afgehaal word. Maak 3 dosyn koekies. Sjokolade splinter koekie mengsel 125 ml suiker 125 ml gekapte pekaneute 250 ml sjokolade splinters 250 ml donker bruinsuiker 560 ml meel, gemeng met 5 ml koeksoda en 1,5 ml sout Plaas lae in bottel. Druk elke laag goed vas voor die volgende laag bygevoeg word. Heg die volgende resep vas aan die bottel: Gooi inhoud van bottel in ‘n mengbak. Meng. Voeg die volgende by: - 190 ml botter, by kamertemperatuur - 1 eier, geklits en - 5 ml vanielje geursel Meng goed. Rol eetlepel grootte balletjies op en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak by 180 C vir 13 15 minute. Koel vir 10 minute af op bakplaat voor dit afgehaal word. Maak 3 dosyn koekies.

Annerien Vermeulen Kook 06.07.2021

Hier is sommer 'n paar granola resepte: Pistachio en bosbessie granola (6 porsies)... 250 g groot vlokkie hawermout (Jungle oats) 100 g rou pistachio neute 100 g pampoensade 100 g sonneblomsade 50 g lynsade 100 ml appelsous 100 ml heuning 30 ml olie 100 g gedroogde bosbessies 50 g klapper vlokkies Om te bedien: Jogurt Vars vrugte Heuning 6. Voorverhit die oond tot 160 C. 7. Meng die hawermout, neute en sade saam in ‘n bak. 8. In ‘n aparte bak: meng die appelsous, heuning en olie en gooi by die hawermout mengsel. 9. Meng met hande tot die hawermout mengsel goed bedek is met die appelsous mengsel. 10. Versprei op ‘n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en bak vir 45 minute tot goudbruin. 11. Roer die mengsel halfpad tydens gaarmaak. 12. Laat granola afkoel en roer die bessies en klapper by. 13. Bedien saam met jogurt, vrugte en ekstra heuning. Wit sjokolade, appelkoos en neute granola 1 kg 250 ml hawermout 5 ml kaneel 125 ml ‘bran flakes’ (All bran) 80 ml semels 125 ml klapper 125 ml gemengde neute 125 ml sonneblomsade 100 ml heuning 100 ml bruinsuiker 100 ml olie 50 g witsjokolade splinters of gesnyde sjokolade 50 g gedroogde sagte appelkose, gekap 50 g growwe klapper, gerooster 1. Voorverhit die oond tot 140 C. 2. Meng die hawermout, kaneel, semels, bran flakes, klapper, neute en sade saam in ‘n bak. 3. In ‘n aparte kastrol: meng die bruinsuiker, heuning en olie en kook tot gemeng en suiker opgelos het. Gooi by die hawermout mengsel. 4. Meng goed tot die hawermout mengsel goed bedek is. 5. Versprei op ‘n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en bak vir 45 minute tot goudbruin. 6. Roer die mengsel halfpad tydens gaarmaak. 7. Laat granola afkoel en roer die sjokolade, appelkose en klapper by.